Wednesday, April 1, 2009

ARARAT

While on Holiday, I went to a small town called Oudtshoorn as they had a festival on called the KKNK. I went to see an interesting show called Ararat and wrote an article on it. Its in Afrikaans, so good luck, but the photo's that follow are pretty cool.

‘n Regte dorre veld waar almal op hooibale sit. Skielik hoor die gehoor ‘n stem wat sê “in die begin was daar niks”. Die onverwagte stilte wat jou laat wonder wat kom volgende. Die stuk laat jou reg van die begin af vrae laat vra. Gaan hierdie opvoering slegs uit ‘n bybel se oogpunt wees oor die ontslaan van die wêreld, of gaan daar ‘n bietjie dieper gekyk word? Daar is so veel vrae om te vra. Die akteurs bring al die verskillende kwessies na vore.

En dan kom al die vrae: Wat van evolusie? Wat van wetenskap? Waar pas godsdiens in? Wat is ons God? Dwelms? Seks? Musiek?

‘n Opvoering wat draai oor die worstelings tussen die verskillende gelowe van ons gemeenskap. Almal wil die waarheid weet oor hoe ons wêreld geskep is. Al die oogpunte en die uitgebreide reeks van uitvloeisels maak jou kop oop en laat jou dink. Soveel verskillende oogpunte word oopgestel dat daar meer as genoeg plek is om jou eie vertolkings te maak.

Ek dink nie dat daar enige ander show by KKNK wat ook hierdie onderwerp aan raak nie. Die eerste woorde wat opkom is ‘oorsponklik’ en ‘eksklusief’. Die stuk dra ‘n baie diep boodskap en laat die kyker lank na die tyd nog wonder oor die betekenis.

No comments: